Akademie




Een van die terreine waaraan jy jou moet meet teen ander identiteite om te bepaal of my standaard reg is. Luister ons na Prof. Jansen van Kovsies, is ons bekommerd. Die doel hier by Jannies is om goed geskoolde Graad 7- leerlinge na die hoërskool te stuur, wat gebalanseerd is om daar suiwer korrekte keuses te kan doen wat verantwoordbaar is. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die jaarlikse uitslae van ons plaaslike hoërskole van oud-Jannies.

Daar is min dinge wat ʼn kind so selfversekerd laat voel soos wanneer Mamma of Pappa se arms om hom/haar is. ʼn Kindjie is vol selfvertroue as Pappa of Mamma sy/haar handjie vat en saam met hom/haar stap! Die onderwysers by Laerskool Jan van Riebeeck wil ook graag u kind se hand vat en hom/haar bystaan as hy/sy sou struikel langs die pad in sy/haar skoolloopbaan.

Liefde vir kinders word gespel “TYD” en dit is wat ons probeer om aan elke kindjie te gee – tyd om te luister, te help en te leer.

Hannon Viljoen sê: “As ʼn kind op ʼn liefdevolle manier beheer word, sal hy/sy selfrespek hê, agting vir ouer mense en ontsag vir God.” Kortom: Hy/Sy sal ʼn gelukkige mens wees!

By Jannies het ons gelukkige, spontane kinders wat met selfvertroue die Hoërskool aandurf!

GRONDSLAGFASE:
VAKKE:

Tale:

Huistaal en AddisioneleTaal
Komponente: Luister en praat; Lees en klanke; Skyf en Handskrif.

Wiskunde:

Komponente: Getal en getalbewerkings en verwantskappe; Patrone, funksies en algebra; Vorm en ruimte; Meting; Datahantering.

Lewensvaardigheid:

Komponente: Aanvangskennis; Persoonlike en sosiale welstand, Skeppende Kuns; Visuele Kuns, Uitvoerende Kuns, Liggaamlike opvoeding.

ASSESSERING:

Alle Assessering in die Grondslagfase word volgens die volgende 7-puntskaal bepaal soos uiteengesit in die Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklarings dokument:

Kode

7

6

5

4

3

2

1

Bevoegdheid

Uitnemende prestasie

Meriete prestasie

Substansiële prestasie

Bevredigende prestasie

Gemiddelde prestasie

Elementêre prestasie

Nie bereik nie

Persentasie

80-100%

70-79%

60-69%

50-59%

40-49%

30-39%

0-29%

INTERSENFASE:

SLAAGVEREISTES, GR 4 – 6:

TEN MINSTE 50% VIR HUISTAAL
TEN MINSTE 40% VIR ADDISONELE TAAL (ENGELS)
TEN MINSTE 40% VIR WISKUNDE
TEN MINSTE 40% VIR ENIGE 2 ANDER VAKKE

SENIORFASE:

SLAAGVEREISTES, GR 7:

TEN MINSTE 50% VIR HUISTAAL
TEN MINSTE 40% VIR ADDISIONELE TAAL
TEN MINSTE 40% VIR WISKUNDE
TEN MINSTE 40% VIR ENIGE DRIE ANDER VAKKE.

Sosiale Netwerke





Beleide


Kommunikeerder


Adverteerders