Dissipline
Die skool se primêre doel is om geleenthede vir leerders te skep om hulle Godgegewe talente op elke terrein ten volle te ontwikkel sodat hulle ná skool as selfstandige mense die grootmenswêreld met selfvertroue en sukses kan hanteer. Ons streef na positiewe gesindhede onder ons leerders met ons splinternuwe dissipline sisteem.
ClassDojo
ClassDojo word gebruik deur Gr. 1-7 personeel om negatiewe gedrag in klasse aan te teken.
Doel van dissiplinêre sisteem
Die doel is om ‘n gedissiplineerde doelgerigte omgewing by die skool te skep, waarin effektiewe opvoeding en leer gefasiliteer kan word. Die doel is om positiewe dissipline, self-dissipline en uitstaande gedrag te bevorder. Ons kan dit slegs doen met samewerking van alle personeel en u as ouers. U kan self u kind se gedrag in die klasse monitor en dadelik u kind aanspreek oor sy/haar gedrag in die klas. Die algehele doel van die stelsel is om verkeerde gedrag te verhoed en/of te korrigeer.
Wat is ClassDojo?
Dit is die program wat van gr.1 tot gr.7 gebruik gaan word deur die onderwysers om al die oortredings wat 'n kind mag begaan dadelik aan te teken, asook om positiewe te beloon. U as ouer kan presies sien in watter klas en onderwyser asook watter tipe oortreding begaan is en ook op watter datum dit plaasgevind het. Let wel: U kan slegs twee weke terug se gedrag sien, so dit is belangrik vir u as ouer om weekliks u kind se gedrag te monitor.
Oortredings word aan die begin van elke nuwe skooljaar herstel na 0, so die kind begin elke jaar op ń nuwe blaaitjie, met geen oortredings teen hom/haar. Die vorige oortredings word wel gestoor vir latere verwysing indien dit nodig sou wees.
Wat as ek nie internet by die huis het of 'n slimfoon om die program af te laai nie?
Die program is so opgestel dat ons kan sien watter ouers nie aangeteken het nie. Sodra 'n leerder oortredings teen hom/haar het, sal die dissipliene komitee 'n brief aan die ouers stuur om die ouers in te lig oor hul kind se oortredings, met 'n afskeurstrokie wat teruggestuur moet word. Hierdie briewe word ook aan ouers gestuur wat wel gebruik maak van die program.
Toegang tot ClassDojo kan verkry word deur die internet op jou skootrekenaar of die toep kan afgelaai word op jou foon. Wanneer daar 'n oortreding is word dit dadelik op ClassDojo aangeteken.
![]() |
THE SUCCESS OF TEAMWORK.
Coming together is a
beginning. |
![]() |
Dissiplinêre Komitee

Mnr. J. Ferreira (Dissiplinêre Hoof)

Me. E. Duvenhage (Dissiplinêre Koördineerder)
Dissiplinêre Komitee Organogram
