Helene Bester


Helenè Bester het groot geword in Springs. Sy was ‘n leerling verbonde aan L/s Jan van Riebeeck en matrikuleer ook daar, aan die Hoër Meisieskool Hugenote, 1994. Daarna het sy B.Bedryfskommunikasie gaan studeer op die (destydse) PUK en haar honneurs in radio-joernalistiek verwerf. Tydens haar studente-jare, was sy lid van die Alabama-studentegeselskap, asook die PU-koor.

Helenè neem vanaf 1999 deel aan elke kunstefees, waarvoor haar produksies goedgekeur word. ’n Paar van die vertonings wat sy al by kunstefeeste opgevoer het, is: “Wie is Sarie Marais?”, “Om die kaggel is ’n huis”, “Wens”, “Liefdesvuur”, “DRIE”, “Tweedimensioneel”, “Vars water” en “Oorgee”.

2002, is sy “raak gehoor”, deur Sarel Myburgh (toe hoof van RSG), tydens die KKNK. RSG het vir haar radio-speeltyd gebied en Select Musiek het vir haar ’n platekontrak aangebied.

Sedertdien het Helenè 3 cd’s vrygestel: “WENS”, “HOU VAN JOU” en “OORGEE”. Laasgenoemde is einde, 2007, vrygestel. Sy is steeds ’n kunstenaar van Select Musiek (011) 792 0145.


Bester sing gereeld saam met Mathys Roets. Hul het die produksies, “Liefdesvuur”, “Tweedimensioneel” en “Vars water” aangepak.

Sy’s trots om te sê dat sy al die verhoog kon deel met bekendes soos: Jak de Priester, Chris Chameleon en Juanita du Plessis. Sy’t al duette gesing saam met: Jannie Moolman, Rina Hugo en Kurt Darren.

Helenè voel baie bevoorreg dat sy vir 3 jaar (2005,2006 en 2007), kon sing by Huisgenoot se Skouspel.

Nog hoogtepunte in haar loopbaan, sluit in, die opnames van T.V.-programme, soos: “Dis hoe dit is met Steve”, “Kwêla”, “Reise en Soetkyse”, “Draadloos”, “DKNT”, “Geraas”, “Pitstop”, “Jakkals-jol” ,“Glitterati” en “Fiesta”.

Bester het sopas (Augustus 2009) haar splinternuwe cd - "GROOSTE TREFFERS" - vrygestel. Twee nuwe treffers maak van hierdie cd 'n MOET. Jay van Eden en Niel Schoombee van die Hi-5-faam het vir Helenè die liedjie "TIEN MINUTE" geskryf. Sarah Theron het haar pen gewaag aan "EK WOU JOU GESOEN HET".

Ivan Botha, Lochner de Kock en Helenè het onlangs 'n kinder-dvd gemaak en vrygestel. Dis getiteld "KADOT EN DIE PROFETE". Besoek gerus die webwerf: www.kadot.co.za. Hierdie dvd handel oor 'n donkie (Kadot) wat vrae vra. Helenè antwoord dit, deur die musiek, wat sy en Mariëtte Galjaard geskryf het.

Lochner is die stem van die donkie en Ivan is die verteller! Gewis 'n aanwins vir enige mamma en haar kinders! O, ja - die poppemeester, Antoinette Snyman sit agter die maak en 'speel' van Kadot. Sy was die maker van Sarel en Karel van 'Wielie Walie'.

Helenè was ook die aanbieder van die program DROOMHUIS, op Kyknet. Daar is ook sprake van 'n opvolgreeks!

Sosiale Netwerke





Beleide


Kommunikeerder


Adverteerders