Japie Mulder

GEBORE: 18 Oktober 1969 in Springs

SKOOL:
Laerskool Jan van Riebeeck (1976 – 1982)
Hoërskool Hugenote (Seuns) (1983 – 1987) 

UNIVERSITEIT: RAU – Verwerf Graad BSc-Geologie 

RUGBY:
Cravenweek Laerskole
Transvaal O/20 – 1989 
Transvaal 1991 – 2001 
SA Barbarians 1992 – 1993
SA – A-span 1993 
SA – Springbok 1994 – 2001 
Wêreldbekerspan – 1995


1993 – Deel van die Transvaalspan wat die Super 10 reeks, en die Currie-beker wen.

1994 – Maak sy Springbok debuut in Wellington, New Zeeland, toe die Springbokke die All Blacks 13 – 9 wen.

Bekend vir sy verdediging en sal onthou word vir sy “tackle” van Jonah Lomu in die Wêreldbeker finaal.

Japie Mulder het 34 toetse vir Suid-Afrika gespeel. Tot en met 2004 ‘n rekord aantal in die senter posisie. Hy het 113 Curriebeker wedstryde en 26 Super 12 wedstryde vir die CATS gespeel.

Japie Mulder sluit sy rugby loopbaan in Engeland af. Hy speel vir Leeds Tykes en word ook die eerste speler in die wêreld wat ‘n dubbelkontrak teken vir die Rugby Unie (Tykes) en Rugby Liga (Rhinos).

Weens ‘n ernstige nekbesering was dit ongelukkig nie moontlik om hierdie uitdaging deur te sien nie, en hy keer terug in September 2002 na Suid-Afrika.

Tans is hy ‘n suksesvolle besigheidsman en geniet Gholf en Diepsee Hengel. Hy is getroud met Ronel en het 2 kinders.


Sosiale Netwerke





Beleide


Kommunikeerder


Adverteerders