Jantjies-sonder-Tandjies
Milton L. Smith: “Die toekoms van die samelewing word in ‘n groot mate in die klaskamers geskryf.”
Om rotsvas te skan staan, moet vaste beginsels gevestig word. Opvoeders beinvloed die ewigheidswaardes van die kind en daarom is dit die eto’s van ons skooltjie om te verseker dat u keuse die keuse in die regte rigting vir u kind sal wees. Ons kinders is lewende boodskappe wat ons die toekoms instuur, na u tyd wat ons self nie sal sien nie. Hier wil ons u kind verwelkom in u wêreld waar hy/sy kan ontwikkel na sy eie beeld en om sy/haar eie gedagtes selfstandig aan te wakker. Almal het ‘n plekkie om te vul in die wêreld. Ons bou graag saam met u en u kind aan daardie roeping.
Die lewe is ‘n kers wat homself langsamerhand uitbrand, maar met die geboorte van elke kind vlam dit opnuut op, helder en hoopvol!
Daar is ‘n kreatiewe elemente in lof. Om ‘n kind groot te maak verg twee eienskappe: liefde en geduld!
By die Jantjie-sonder-Tandjie
skool wil ons jou deel maak van die pragtige simfonie, waar
ons die opvoedingstaak, met mooi klanke en pragtige
kinderlaggies, saam met u as ouer orkestreer!