A.T.K.V. Leeskompetisie
In 2011 het die kompetisie die lig gesien en het ons skool in groot getalle deelgeneem. (Gr.6 en Gr.7-leerders). Violanta Odendaal behaal 100% by die landswye kompetisie en besorg ons skool die eerste plek. Marnus Geldenhuys het ook in die jaar ‘n uitstekende plek behaal. Ons skool word ook jaarliks by die kompetisie verteenwoordig.
In 2014 lewer ons skool weer 'n
wenner op: Anjé Visser (Hoofdogter 2015) wen die landswye
kompetisie en wen daarmee saam ook hope pryse. Miecke
Vorster eindig algeheel in die 6de plek uit 643 deelnemende
leerders landswyd. Die aktiwiteit vereis ongelooflike,
deeglike leeswerk en 'n studie van elke van die ses
voorgeskrewe boeke.