Redenaars

Die kern van ons kultuur kom vanaf ons mooiste taal wat trippel op die tonge van ons uitstekende redenaars. Super 12 deelnemers oor jare het baie goud en silwer medaljes opgelewer, waar ses van ons beste redenaars ons skool telkens daar moes verteenwoordig. In 2008 wen ons die silwer medalje by bg. kompetisie met ons spanredenaars. Die A.T.K.V redenaars bly atyd ‘n hoogtepunt. Ons lewer oor baie jare puik redenaars op onder andere in die persone van Cherise Jew, Dominico Beccia, Violanta Odendaal en Adriaan Bezuidenhout. Violanta was ook vanaf Gr.1 tot Gr.7 die Kultuurster van ons skool. Adriaan Bezuidenhout verwerf in 2010 die goue medalje as algehele junior wenner by die Super 12 redenaarskompetisie. Stefani Nel is in 2013 die algehele senior wenner in die UJ-Reeks. Opkomende redenaars is Nikita Meyer, Clarissa Jager, Danielle Anfield en Ryno WIlliamson. In dié aktiwiteit is die vuur van aanmoediging aangesteek. Laat die woorde daarvan blywend wees.

In 2015 skop ons af met die A.T.K.V-redenaars. Ons deelnemers is: Anja Roets, Henlo Meyer, Jana Roets, Marioné Muller, Nikita Meyer, Clarissa Jager, Juan Neuhoff, Chanél Delport, Janika Pretorius, Lizelle Palm, Mieke Buitendach.

Anja Roets, Henlo Meyer, Nikita Meyer, Clarissa Jager en Yuveldi Luus (Kultuurvoorsitter 2015) dring deur na die semi-finale rondte.

Ses van ons bestes het ook aan die PWV-reeks redenaars deelgeneem, waar Marioné Muller en Clarissa Jager beide derde plekke behaal het. Ald ie ander deelnemers spog met A++ en A+ toekennings by dié Kompetisie.






Sosiale Netwerke





Beleide


Kommunikeerder


Adverteerders