Atletiek
Reeds vir verskeie jare word Laerskool Jan van Riebeeck as ‘n krag om mee rekening te hou op die atletiekveld gesien. Hiervan getuig die prestasies wat deur Jannies-atlete die afgelope paar jaar behaal is. Jannies se krag op die atletiekbaan word gemeet op ons prestasies.
Vir die afgelope 34 jaar wen L/s
Jan van Riebeeck die Interlaer. In 2013 het 40 van ons
atlete aan die Greater Springs deelgeneem, 23 atlete aan D5
en 17 van ons atlete aan Gauteng. In 2014 het ons 34 atlete
gehad wat aan Greater Springs deelgeneem het. 27 Atlete aan
D5 en 16 Atlete na Gauteng.
Interlaer uitslae
Groot Totaal
Hoogspring
Verspring
Gewigstoot
Hekkies
Middelafstande
Naellope
Aflosse
JvR
27
44
27
52
38
158
41
387
SPAM
36
27
30
52
45
96.5
31
317.5
CB
14
1
24
18
9
33
17
116
PB
12
16
7
9
18
29.5
20
111.5
JAN VAN RIEBEECK WEN MET 69.5
PUNTE.
In 2015 lewer L/s Jan van Riebeeck 34 atlete op wat aan Greater Springs deelgeneem het. 27 Atlete gaan na D5 en 16 Atlete gaan na Gauteng.
Laerskool Jan van Riebeeck het jaarliks atlete wat die Gautengspan haal en aan die S.A-kampioenskappe gaan deelneem.
In 2012 het Kyle Ferreira en Bejandri Lourens ons by die SA-Atletiekbyeenkoms verteenwoordig en in 2013 het Christiaan Welman in hulle spore gevolg. In 2014 wen ons hoofseun, Johan Maritz die S.A's in Spiesgooi seuns O/13 en Niké Matthysen eindig 3de in O/10-verspring.
Bekende oud-Jannies wat ons land in 2012 by die Olimpiese Spele verteenwoordig het is Shaun de Jager en André Olivier.
Hierdie suksesse word toegeskryf aan:
• Alle leerders in die skool kry
geleentheid vir deelname – huisport uitdunne en massa
deelname by ‘n vriendskaplike byeenkoms.
• Afrigters wat toegewyd tot die sport en kinders staan.
• Afrigters poog om elke kind se talente te ontwikkel, sodat
hy of sy die hoogste sport kan behaal.
Dankbaarheid as skool tot ons Hemelse Vader vir geleenthede
tot afrigting, kinders en prestasies