Hokkie
Hokkie is in 2001 begin by L/s Jan
van Riebeeck. Vanaf 2001 het hierdie sportsoort hier by Jannies
van krag tot krag gegaan, deur die genade van ons Hemelse Vader.
Ons 1ste-spanne neem elke jaar deel aan die PWV- Reeks waar ons
elke jaar baie goed vaar. Vanaf 2014 neem ook ons O/11-spanne
deel aan hierdie prestige-toernooi. In 2015 wen ons
1ste-hokkiespan hierdie reeks.
In 2005 wen ons 1ste-span die Oos-Gautengliga (hierdie liga sluit alle laerskole in Oos-Gauteng in, soos o.a. Randhart, Kruinsig, Concordia en President Steyn) vir die heel eerste keer in die geskiedenis van L/s Jan van Riebeeck. Hierdie spannetjie het dan die geleentheid gehad om aan die “Champ-of-the-champs”-kampioenskappe (slegs spanne wat provinsie wenners is, neem hier deel) in Potchefstroom te gaan deelneem. Hulle eindig 5de. Vanaf 2005 tot en met 2013, wen al ons veldhokkie-spanne (O/11 – 1ste’s) hulle plaaslike liga’s (D5-liga). In 2010, 2011 en 2012 wen ons 1ste-spanne weereens die Oos-Gautengliga en word sodoende uitgenooi na die “Champ-of-the –champs” in Potchefstroom. In 2010 eindig ons 9de en in 2011 eindig ons 5de. In 2012 eindig ons 5de. Jaarliks lewer ons ook provinsiale speelsters op.
In 2014 speel al drie ons veldhokkiespanne (O/11, 2de en 1ste-spanne) in die semi-finaal van die Oos-Gautengliga.
Vanaf 2015 speel ons O/10-hokkiespan ook veldhokkie en nie meer mini-hokkie nie. Ons mini-hokkie begin vanaf O/6 tot en met O/9. Elke jaar bied L/s Jan van Riebeeck ‘n mini-hokkiedag aan waar ons skole uitnooi om saam met ons die dag te kom geniet.
Ons mini-hokkie konsentreer daarop om die liefde vir die spel by ons jonger speelsters te kweek asook om vaardighede aan te leer.
Oud-Jannies, Miecke Flemming, is in 2013 opgeneem in die O/16-SA hokkie oefenspan en in 2015 in die O/18-span. Clarise Smit is ook in 2015 in die O/16-SA hokkie oefenspan opgeneem. Dit is ‘n besonderse prestasie en ons verwag om hulle name nog baie te hoor.
Jaarliks word ons afrigters en skeidsregters gestuur vir kursusse.