Krieket
Die missie by L/s Jan van Riebeeck vir ons krieket is soos volg:
• Dat afrigters die basiese spel
aan die spelers sal oordra.
• Dat alle basiese vaardighede in die spel waar moontlik
toegepas sal word.
• Dat alle beskikbare potensiaal in die onderskeie
spanne aangewend sal word.
• Dat elke speler ‘n regverdige kans sal kry om homself
te bewys.
• Dat alle spelers se vaardighede en potensiaal
ontwikkel sal word.
• Om liefde vir die spel aan te moedig.
• Om goeie sportmangees te ontwikkel by die spelers.
• Om aan elkeen blootstelling en deelname te gee.
Oefentye:
Oefentye is gewoonlik vanaf 14:00 elke middag in die seisoen. Afrigters kan vroeër begin oefen buite siesoen. Voorkeer in nette word gegee aan die span wat die volgende dag ‘n wedstryd speel.
Toerusting:
• Elke speler is verantwoordelik
vir sy eie toerusting.
• Spelers moet self eers seker maak hulle het span
gehaal voordat hulle toerusting moet aankoop.
• Die afrigter moet reël vir minderbevoorregte spelers
wat nie hul eie toerusting kan bekostig nie.
• Die skool bly verantwoordelik vir wedstrydballe.
• Alle gebruikte wedstrydballe word vir oefendoeleindes
gehou en gebruik.
Kleredrag:
• Tydens oefening dra spelers
enige gemaklike oefendrag.
• Spelers mag nie met skoolklere of skoolskoene oefen
nie.
• Geen spykerskoene word in die nette toegelaat nie.
• Wedstryddrag: Amptelike skool gholfhempie/sporthempie
met skool sweekpakbroek of wit langbroek.
• Elke afrigter moet sorg dra dat alle spelers eenvormig
aangetrek is vir wedstryde. Geen wedstryddrag mag gebruik
word as dit nie vooraf goedgekeur is deur die klerekomitee
nie.
Toepassing van ouderdomme:
• ‘n Speler van O/7 en O/8 mag vir
die O/9-span speel.
• Mini-krieket word vir die O/6 tot O/8 vlak aangebied.
• Geen speler wat O/9 is mag opgetrek word om vir O/10
te speel nie.
• Geen speler wat O/11 is mag vir die tweede of eerste
krieketspan speel nie.
• Slegs O/12- en O/13-spelers mag oorweeg word om vir
die tweede en eerstespan te speel.
• Geen O/14-speler mag in enige span van die skool speel
nie.
• Dogters word wel toegelaat om vir die skool in hul
korrekte ouderdomsgroep te speel.