Landloop




Ons missie by Landloop is die ontwikkeling van die leerling in totaliteit om in goeie sportmansgees te kweek. Om altyd sy beste te lewer, maak nie saak wat die uitslag is nie. Om die naam van die skool altyd uit te dra, en ware ambassadeurs van GOD te wees.

Hardloop is een van die natuurlikste vorms van sport en dit is eie aan menswees. ‘n Gebrek aan vaardighede in sportsoorte soos rugby, netbal en hokkie kan in ‘n groot mate vergoed word deur fiksheid. Groter mate fiksheid beteken groter sukses in ander sportsoorte.

Laerskool Jan van Riebeeck spog al vir baie jare met ‘n gedugte landloopspan. Landloop is ‘n sport wat baie opoffering, selfdissipline en wilskrag van ‘n atleet vereis, en daarvan het ons Jannies sommer baie. Leerders kan reeds vanaf graad 1 deelneem aan Landloop. Ons begin reeds in die tweede kwartaal oefen en oefen ook gedurende die Junie en Julie vakansie aangesien die landloopligas vroeg in die 3de kwartaal begin en die atlete dan fiks moet wees.

Ons neem ook elke jaar deel aan die PWV-reeks se landloopbyeenkoms. Gedurende ons jaarlikse interhuis-landloopbyeenkoms kry elke leerder die geleentheid om deel te en neem en so word baie atlete met besondere talent vir landloop geïdentifiseer.

Jaarliks neem daar van ons Landloopatlete deel aan die Gauteng-kampioenskappe.

As afrigters poog ons om leiding te gee, die entoesiasme, kennis en doelgerigtheid in elke atleet te kweek sodat hy/sy tot hulle volle potensiaal te kan ontwikkel.

Indien ‘n atleet aan ‘n hoër ouderdom deelneem moet alle items deur die atleet onder die ouderdomsgroep gedoen word. Indien ‘n atleet in die jaar 1 Januarie en 31 Desember 10 word, dan neem hy/sy O/10 deel, dieselfde geld dan vir alle ander ouderdomme.

Alle reëls vir ouderdomsdeelname sal volgens die ASA-reëls gedoen word.

As ‘n atleet nie by ‘n oefening, byeenkoms of item opdaag nie of wangedra, word hy/sy op die skool se dissiplinêre stelsel gehanteer.

Waar ‘n atleet tydens ‘n week so beseer is dat hy/sy nie aan ‘n oefening kan deelneem nie, sal die atleet nie oorweeg word vir die daarop komende byeenkoms nie.

Aangesien Landloop ‘n onbeperkte aantal atlete kan toelaat kan enige ingeskrewe leerder van Jan van Riebeeck as ‘n Jan van Riebeeckatleet in sy/haar ouderdomsgroep deelneem.


Sosiale Netwerke





Beleide


Kommunikeerder


Adverteerders