Netbal
Elke dogter kry die geleentheid om haar talente op die netbalbaan te ontwikkel. Ons begin vanaf O/6 ons dogters toerus met die nodige vaardighede, sodat hulle hoë hoogtes kan bereik. Mini-netbal word vanaf O/7 tot en met O/9 gespeel en kry geleenthede op netbaldae en in die liga om aan die sportsoort deel te neem. Vanaf O/10 – O/13 word ‘n posisie aan elke dogter gegee waar sy kan ontwikkel. Daar is A en B-spanne in elke ouderdomsgroep. Die A-spanne kry dan ook die geleentheid om jaarliks in die PWV-reeks deel te neem.
Ons O/12- en O/13-dogters word jaarliks genooi om aan die plaaslike proewe deel te neem. Elke jaar het ons ‘n paar dogters wat opgeneem word in die Springsspan, D5-span en die Ekhurhuleni-span. In 2012 is Nicole Fourie verkies om ons skool en provinsie te gaan verteenwoordig as deel van die Gautengspan. In 2013 het Charlize Deysel in haar spore gevolg. In 2014 word Charlize Deysel weereens in die Gautengspan opgeneem. Suné Janse van Rensburg is in 2015 gekies vir die Gautengoefenspan.
Jaarliks kry ons ook vir buite afrigters om ons afrigters sowel as speelsters touwys te maak met nuwe afrigtings-metodes vir ons Mini- Netbal sowel as ons senior spanne. Ons skop ons seisoen af met ‘n hele paar vriendskaplike wedstryde om ons speelsters gereed te kry vir die liga-wedstryde.
Ons afrigters en skeidsregters woon ook jaarliks kursusse en graderings by. Ons spog met 6 vlak 1 afrigters, 5 D5 skeidsregters en 4 Gauteng skeidsregters.