Rugby
Die missie by L/s Jan van Riebeeck met betrekking tot rugby is as volg: Die bevordering en speel van aanskoulike, ondernemende, totale wenrugby wat aanleiding gee tot die genot van spelers, afrigters, ouers en die ondersteuners. Om die spel op alle vlakke te ontwikkel deur doeltreffende, dinamiese en innoverende bestuur wat deur afrigters, ouers en spelers ondersteun word.
Totale rugby word as volg gedefinieer:
• Dat afrigters die basiese spel
aan die spelers sal oordra.
• Dat alle basiese vaardighede in die spel waar moontlik
toegepas sal word.
• Dat alle beskikbare potensiaal in die onderskeie
spanne aangewend sal word.
• Dat al die spelers in die span/spel betrek sal word.
• Dat elke speler ‘n regverdige kans sal kry om homself
te bewys.
• Dat die span meer drieë as die opponente sal probeer
druk.
• Dat die wen faktor nie so oorheersend sal wees dat dit
die span en skool oneer sal aandoen nie.
Ouderdomme:
• Indien ‘n speler die jaar 12
word, of die seun word 13, kan hy vir die eerste span gekies
word. Geen seun wat in die jaar 14 word mag vir enige span
van die skool speel nie.
• Indien ‘n seun die jaar 11 word, mag hy slegs vir die
O/11-span gekeis word. So werk dit ook vir die ander spanne.
• Geen seun mag onder geen omstandighede vir ‘n hoër
ouderdom gaan speel nie, al speel beserings ook hoe ‘n groot
rol.
• Geen O/12 seun mag vir die O/13 Valke provinsiale
proewe deelneem nie, maar wel vir die O/12 proewe.
• Geen hoërskoolseun mag vir JvR se eerste span speel
nie.
• ‘n Speler van ‘n nie-rugbyspelende skool mag met
nodige toestemming van beide skole se BL vir JvR
speel.
Jaarliks begin ons, ons seisoen met verskeie toere vir verskillende spanne. Al ons spanne neem ook jaarliks deel aan die PWV-Reeks en behaal baie goeie resultate. In 2014 tree ons O/9- en O/10-spanne as wenners van die reeks uit die stryd. Beide hierdie spanne het ook in 2014 aan die Valkie-finaal deelgeneem. Die O/9-span tree as wenners uit die stryd, terwyl ons O/10-span 2de eindig. In 2015 speel al 5ons rugbyspanne in die finaal van die PWV-reeks. Ons O/10- en O/11-spanne wen die reeks.
Jaarliks behaal L/s Jan van Riebeeck sukses op provinsiale vlak. In 2014 behaal Eddie Evans en Kyle Jacobs die O/12-Valke-span en Johan Maritz die O/13-Cravenweekspan van die Valke.
In 2015 word Kyle Jacobs verkies tot die O/13-Cravenweekspan en Tiaan Boshoff wat vir die Valke O/12-span speel.
In 2015 wen ons O/10-span die
Valke-liga, wat 'n puik prestasie is aangesien ons rugby
speel in die Super-reeks waaraan slegs die beste skole in
die Valke deelneem.