Tennis




Laerskool Jan van Riebeeck streef daarna om soveel as moontlik sportsoorte aan te bied. Die klem val steeds op die ontwikkeling van die verskillende vaardighede by elke sport en nie soseer om die wenmotief voorop te stel nie.

Daar word verwag dat alle leerders vrywillig by die buitemuurse bedrywighede van die skool sal inskakel. Daar word gepoog om aan al die ouderdomsgroepe afrigting te gee om sodoende progressiewe ontwikkeling te laat geskied. Tennis word op enige ouderdom aangebied en kan individueel en/of as ʼn spansport gespeel word. Tennis bevorder goeie sportmanskap, balvaardighede, oog- en hand koördinasie en dissipline.

Oefentye:

Kwartaal 1 en 2 – Vrydagmiddae is amptelike oefendag en vir ranglys wedstryde.

Tye: 14:00 – 16:00.

In seisoen:

Elke middag soos gereël met afrigters. Sportfasiliteite

• 2 Tennisbane

• Skool voorsien tennisballe

Afstel van oefeninge/wedstryde

Reëndae

• Om 12:00 word ‘n besluit geneem oor oefeninge en wedstryde indien dit sou reën.

Enige ander redes

• Alle leerders moet ten minste EEN dag voor die tyd in kennis gestel word indien daar ‘n verandering aan oefentye aangebring word.


Seuns

JvR sporthemp

Blou sportbroek

Wit tekkies

Wit sokkies

Eie tennisrakket

Blou sporthoedjie

Dogters

JvR sporthemp

Blou sportbroek/rompie

Wit tekkies

Wit sokkies

Eie tennisrakket

Blou sporthoedjie

Sportbeleid

• openbaar te alle tye waardige sportmanskap
• tree op as ‘n goeie ambassadeur vir sy skool
• tree te alle tye beleefd op teenoor opponente, afrigters en skeidsregters
• hou by die reëls (vuilspel, swak gedrag en oneerlikheid sal nie geduld word nie)
• speel om te wen, maar nooit ten alle koste nie.

Ons skryf jaarliks ‘n seuns en dogters-span in vir die Suikerboschrand Tennisliga, en neem ook deel aan die jaarlikse Suikerboschrandse Tenniskampioenskappe. Hierdie Kampioenskappe dien as die aflsuiting van die tennisseisoen, en die deelnemende skole in die liga stuur hulle beste twee spelers (Seuns en dogters). Hulle kompeteer dan vir die beste enkelspeler en dubbelspel-paar van die streek.

Jan van Riebeeck presteer jaarliks besonder goed in die liga asook in die Kampioenskappe. Tydens vorige jare was ons onder andere dubbelspel en enkelspel kampioene asook ligawenners of naaswenners in die liga.

Daar is ook jaarliks vir ons leerlinge geleentheid om aan die PWV-Reeks deel te neem.

Ten slotte wil ons net byvoeg dat ons skool besonder geseënd is met talentvolle kinders, en dat ons alle prestasies met dankbaarheid opdra aan ons Hemelse Vader.

Sosiale Netwerke





Beleide


Kommunikeerder


Adverteerders