Missie

Die daarstelling van ’n Christelike primêre opvoedkundige laerskool van uitnemendheid waar leerders voorberei word vir die veranderde wêreld deur die maksimale benutting van alle beskikbare bronne. Ter uitbouing van bestaande missie, verbind alle behanghebbendes hulself tot die volgende verantwoordbare en deursigtigte blougolfmissie:

• ’n Skool waar God regeer, ’n skool vir Sy kinders. Dinamiese, toekomsgerigte voorlopers en toonaangewers.
• Akademiese uitnemendheid ten alle tye na te streef. Handhawing van kwaliteit personeelontwikkeling tot bereiking van arbeidsvreugde.
• ’n Skool waar leierskapvaardighede ontwikkel word en elke kind ’n wenner kan wees.
• ’n Skool waar elke kind raakgesien en gebalanseerd ontwikkel word. ’n Skool waar tradisie geskep en uitgeleef word. Respek en waardesisteme gevestig word. Gedissiplineerd, uitnodigend en selfstandig.
• ’n Skool waar fondse optimaal gegenereer, effektief bestuur en administreer word met die nodige interne en eksterne kommunikasienetwerke in plek.
• Ons woord is ons eer.  










Sosiale Netwerke





Beleide


Kommunikeerder


Adverteerders